Beertjie beskuit: Die oordentlikste beskuite in Bloemfontein, Stellenbosch en Kaapstad.
Ek kan nie genoeg lof sing oor die ongelooflike heerlikheid van Beertjie beskuit nie! As student in Bloemfontein het ek dié ontdek, toe het ek my hart verloor aan hierdie verruklike smaakervaring. Die knusse kombinasie van karringmelk, botter en die subtiele geure van my ouma se kombuis in Parys, dit maak die perfekte begeleiding tot enige koppie koffie of tee. "Semel en Sade" - my gunsteling. Elke hap is 'n reis na 'n wereld van gerieflikheid en smaakvolle voldoening. Dis jammer ek kon nie as student meer male my vriendinne oortuig van dié beskuite nie.
Die textuur, perfek gekomplimenteer deur die fynheid van beskuit, 'n regte krokante buitekant, bros binnekant.
Elke stukkie doordrenk met tradisie en liefde, proe soos 'n stukkie van ons mooi land self.
Ons land Suid-Afrika.
Met vertroue sê ek:
perfekte beskuite?
Soek nie verder
as Beertjie se Semel
en Sade nie. Dis die antwoord.
Hulle bak tot Eer van die Heer.
'n Ware juweel wat ons trots kan noem.
Dankie Beertjie, vir 'n heerlike smaakervaring wat julle aan tafel bring.
Mag ons dit binnekort op Sixty-60 sien, want wie weet, dis seker lately die enigste rede en 'n half wat ek nog in my kar klim en loop beskuit koop. Vyf sterre - dis nie genoeg om hierdie wonderlike produk te beskryf nie!
Food: 5
Atmosphere: 5